Spek en Sampioen Sop

0

Bestandele
1 Pakkie “Cream of Mushroom” Sop Poeier
1 Pakkie “White Onion” Sop Poeier
1 Pakkie gesnipperde Spek
1 Pakkie Sampioene
1 ui
Fyn Knoffel
3 E Margarien
Peper
Aromat
2 E Mieliemeel
250 ml Vars Room
1 L Water
2 L Melk

Metode
Sny die ui en sampioene in blokkies. Plaas die margarien in ‘n groot pot en braai die uie
tot goudbruin. Voeg Sampioene en Spek by en braai. Voeg die knoffel by en sodra dit lekker
gebraai is, voeg die water by en 1 L van die melk. Bring tot kookpunt en verlaag dan die hutte.
Kook stadig vir ongeveer ‘n uur lank. Voeg nou die room by en 500 ml van die oorblywende melk.
Voeg die peper en aromat by na smaak. Bring tot kookpunt. Maak die mieliemeel aan met die res
van die melk en voeg by die sop terwyl jy aanhoudend roer. Bedien met geroosterde of vars brood.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here