Plekke om te besoek in Suid-Afrika

0

Monte Casino, Four Ways Johannesburg
Al ooit ‘n hunkering gehad om na die Ou Wêreldse Stede oorsee te gaan?
Een van die wonderlike romantiese Stede en besonderse bousyl is Toscania.
Maar nie almal van ons is so bevooreg om so ‘n besoek af te lê nie.
Wat van Monte Casino met jou volgende besoek aan Johannesburg?
Die besonderse boustyl geskoei op Toscania, slaan jou asem weg. Die
lewens getroue strate met kamma woonstelletjies aan beide kante,
klere wat hang aan waslyne gespan oor die strate, besonderse dak styl
binne die gebou, asof jy werklik in die straat loop. Daar is ook n magdom
van Restaurante, klein winkeltjies, teaters, ‘n wonderlike Voëlpark met vertonings
en natuurlik vir die waaghalsige: ‘n enorme Dobbelhuis.Maar wees gerus:
dit is werklik n plek waarheen jy die hele gesin kan neem vir n uitstappie.
Al loop julle net deur die Manjefieke gebou, dit gaan jou bybly vir baie lank.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here