Lekkerste Appeltert

0

3 E Botter
1 Koppie wit suiker
1/4 Koppie melk
3 Groot eiers
1 Koppie Koekmeelblom
1 Teelepel Bakpoeier
Koppie vol fyngedrukte tertappels
Knippie sout

Room die botter en suiker saam tot lig. Roer eiers een vir een by mengsel, meng goed . Sif meel, bakpoeier en sout by en voeg melk by. Gooi in gesmeerde oondbak. Sit fyngedrukte tertappels bo oor.

Bak 25 – 30 minute in voorverhitte oond teen 180 grade C.

Vir die Sous:
1/2 Koppie Botter
1 Koppie wit suiker
1 Blikkie Ideal Melk

Meng als saam, maak warm en roer tot suiker opgelos is. Bring tot kook en gooi warm oor die tert sodra dit uit die oond kom.

Daarna kan jy styf geklitse room bo op sit

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here