Dis Hoe Vrystaters ‘n verskil maak!!!

0

Winburg Pre Primêre Skool se liefdadigheids geleentheid wat op die 27ste en 28ste Julie in Winburg aangebied  is was ‘n groot sukses en Dis Hoe was daar om die geleentheid saam met ‘n hele klomp “awesome” mense te geniet. Ons het Vrydag aand ‘n heerlike kuier by die Winburg “Club” gehad waar ons vriendelik ontvang is deur Lynette en Hannetjie met ‘n glasie OBS vir die koue.  Martli, die skool se prinsepaal en haar personeel, Joanie Du Preez en Elzaan Engelbrecht het die gaste bedien met ‘n heerlike gebraaide stuk “Steak” wat deur Klippan Boerdery geskenk is en  ‘n verskeidenheid watertand bykosse.  Mandie Bezuidenhout wat betrokke was met die meeste van die relings van hierdie geleentheid het  die gaste ontvang en gesorg dat almal tuis voel en lekker kuier. Daarna het Hilton Crest en Jan Nel opgetree en Raymond Bezuidenhout wat musiek gemaak het, het die gaste aan die skoffel gekry op die dansvloer.

Saterdag oggend is almal na die skool se gronde waar die “Can You Sing” kompetisie aangebied is met Tess Meyer van “Unleash your Voice” as die hoof borg. Jan Nel,  Tebogo Shuping, Joker en Alec Marz was die gaskunstenaars wat opgetree het en daar was heelwat vermaak vir die kleinspan soos gesig verf, springkastele en speletjies. Daar was ook ‘n hele klompie stalletjies en die lekkerste wegneem etes beskikbaar. Die beoordeelaars van “Can You Sing” kompetisie  was Jan Nel, Tebogo Shuping en Constans Matsabela wat die 9 jarige Boitshepo Mokone van Marquard as die wenner van hierdie kompetiesie aangewys het en Yamampela “Acapella Group” van Theunissen het met die 2de plek weggestap. Boitshepo het ‘n Demonstrasie CD opname ter waarde van R5000  gewen en Yamampel “ Group” het ‘n Demonstrasie CD opname ter waarde van R2000 gewen wat deur “Unleash your Voice” geskenk is. Baie geluk aan die wenners en almal wat deelgeneem het. Baie dankie aan al die bogenoemde mense vir julle bydrae en harde werk. “Saam maak ons ‘n Verskil”

 

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here