Die top dorpe om te besoek in die Vrystaat

0

Die Vrystaat is een van daardie provinsies waarvan almal weet, die moontlikheid is groot dat jy familie in die provinsie het, jy het definitief al deur die Vrystaat gery op pad na jou eindbestemming. Maar buiten vir die eindelose vlaktes en moontlik ‘n stop by een van die vele petrolstasies langs die pad, het jy nog nooit rêrig die Vrystaat besoek nie. Tog bied die provinsie so baie, dat mens uit mis as jy nie oorbly en die plattelandse gasvryheid ervaar nie. Daar is baie meer as tien dorpies wat jy in die provinsie moet besoek maar ons lys bestaan uit die gewildste dorpies asook die moet sien plekke. 1.

Ficksburg

Ficksburg is ‘n klein dorpie in die Oos-Vrystaat op die grens van Lesotho en Suid-Afrika. Hulle is alom bekend vir die jaarlikse Kersiefees wat die dorp in November aanbied. Daar is ‘n groot verskeidenheid van fantastiese restaurante op die dorp wat mens kan besoek. Vra die plaaslike inwoners waar is die tannie wat al die blik goeters verkoop. Dis die moeite werd om by haar winkel ‘n draai te maak aangesien jy nooit weet watse versteekte juwele jy dalk daar sal kan opspoor nie. As jy die dorp besoek moet jy verseker jou stapskoene en visstokke saambring. Daar is pragtige staproetes in die berge en heerlike visvang geleenthede aan die oewer van die Caledon rivier. 2.

Ladybrand

Die dorp is geleë ongeveer 19km vanaf Maseru, en Ladybrand bied verskeie aktiwiteite vir jonk en oud. As jy opsoek na buitelug aktiwiteite dan is ‘n besoek aan Ladybrand ‘n moet. Die area bied verskeie berg staproetes, bergfietsroetes asook perdry uitstappies in die omliggende berge. Daar is selfs ‘n mikro brouery en verskeie fantastiese restaurante, koffiewinkels en deli’s om te besoek. Jy sal verbaas wees oor die kwaliteit van die plekkies. 3.

Fouriesburg

Fouriesburg is een van die grootste geheime van die Vrystaat en is ten sterke aanbevole vir enige iemand ‘n wegbreek soek van die besige stadslewe. Moenie enige toeriste uitspattighede verwag nie. Die klein sandsteen kothuise gee die dorp amper ‘n misterieuse gevoel. Onthou om jou buitelug gereedskap in te pak aangesien daar verskeie buitelug aktiwiteite is wat besoekers kan geniet. Anders word ‘n besoek gedurende die winter sterk aanbeveel, jy sal die verseker sneeu sien en die dorp se warm gasvryheid ervaar. 4.

Clarens

Sommige aanhangers van Clarens beskryf dit as die Franschhoek van die Vrystaat. Clarens is knus geleë in die berge van die Oos-Vrystaat en is ‘n gewilde bestemming vir Gautengers wat vir ‘n naweek wil wegbreek. Clarens is gefokus op die toeriste wat die dorp besoek en daar is verskeie aktiwiteite beskikbaar – maak nie saak watter seisoen dit is of hoe die weer saamspeel nie. Wanneer jy die dorp besoek wees op die uitkyk vir die mikro-brouery, verskeie kunsgalerye en fantastiese restaurante. Die dorp is bekend vir hulle warm gasvryheid! 5.

Bloemfontein

Bloemfontein is ‘n pragtige drop, of stad, afhangende van wie jy vra. Die stad staan bekend as die plek waar jy 2 keer huil – as jy daar aankom en as jy vertrek. Die stad bied so baie aktiwiteite dat dit ‘n fantastiese plek is om tyd te spandeer die volgende keer wat jy oorslaap op pad na jou volgende bestemming. Daar is selfs brugsprong en go-karts om van te kies! 6.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here