Big girls, julle is beautifull!!!!

1
Kyk een ding is verseker2
Kyk een ding is verseker

Kyk een ding is verseker, elke liewe vrou wil graag mooi lyk en dis so lekker om komplimente te kry maar iewers tussen die skinny models en die media het party van ons girls die idee gekry dat ons nie mooi of sexy kan lyk as ons nie so perdeby lyfie soos Popye se vroutjie Olive kan hê nie. Dit het my 42 jaar lank gevat om tot die besef te kom dat ek, met my unique physique eintlik ‘n baie mooi vrou is, en vir die van julle wat nie saam met my stem nie wil ek net sê: “ Julle hoef regtig nie vir my te kyk nie”.

Ons Hemelse Vader het my gemaak en Hy maak nie foute nie! Ja, ek love myself en aanvaar myself nes ek is. Girls, julle moet julleself aanvaar net soos julle is en bogger die res. Kyk ek sê ook nou nie jy moet met jou pantoffels en krullers in jou hare gaan brood en melk koop, of jou kurwes in ‘n kameeltoon outfit afshow nie.

Jy weet mos wat by jou pas en waarin jy pas en ongelukkig het ek nie meer die energie om op die kas te klim om in my jeans in te spring nie.  Ek is ‘n werkende vrou en gebruik liefs my tyd op die dinge in die lewe wat saakmaak en vir my ook lekker is. My dae van in ‘n restaurant sit met ‘n glasie water en suurlemoen skyfie terwyl ek vir my bok blare wag is verby, netnou ry ‘n bus my dood oppad na my kar toe en dan kry hulle net suurlemoen water en blaarslaai in my magie met die nadoodse ondersoek.

Hoekom moet ons vroue ons self so straf met diëete wat ons siek maak en operasies wat baie pynlik is en dit doen ons meestal om ander mense te beindruk. Nee! Eet gesond in  die week en naweke geniet jy jouself en as jy nie gewig verloor nie, maak vrede met hoe jy lyk en konsentreer dan liefs op jou goeie punte soos jou mooi hare, mooi oë of mond en trek klere aan wat by jou lyf pas maar jou nogsteeds sexy en mooi laat lyk.

Onthou ook dat as jy oorgewig is en groot los klere dra, dit jou nog groter kan laat lyk so pas die klere aan wanneer jy gaan shop en kyk vir jouself in die spiëel. Solank niks uithang nie en jy gemaklik en mooi voel dan koop jy dit. Ek het so bietjie na die somer mode gaan kyk vir ons girls met ‘n voller figuur en hier onder ‘n paar voorbeelde geplaas. Ek hoop julle geniet my blog en as julle doen gaan share dit asb. Op facebook.

 Liana#Blog#Mode

1 COMMENT

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here